小东西敏感成这样楼顶老师,要命的小东西咬的真紧古代版

Temba Logo

S16 31 467 E028 49 027

小东西敏感成这样楼顶老师,要命的小东西咬的真紧古代版

TAMARIND LODGE

Basiese Selfsorg-verblyf by Kariba in Zimbabwe

TUISBLAD ZIMBABWE AKKOMMODASIE PRYS EN BESPREKINGS ANDER KARIBA HOTELLE ENGLISH STUUR EPOS
Tamarind Lodges main
 

Tamarind Lodge in Kariba, Zimbabwe is een van daardie plekke wat jou laat lus voel om jou skoene uit te skop en te ontspan. Hulle bied rustige, vredevolle selfsorg-verblyf aan waar jy kan vergeet van die rotteresies en jou batterye herlaai.

Tamarind Lodge bied verblyf in individuele selfsorg-lodges, wat in ‘n pragtige skadutuin met groot bome gebou is. Elke lodge is en suite en is toegerus met waaiers, eetgerei, breekgoed, beddens (met beddegoed) en ‘n tweeplaat-stoof. Die Graad D- en E-lodges het almal ‘n yskas, terwyl dit nie die geval is met die Graad F-lodges nie. Elke lodge het ‘n eie braaigebied, en hout kan by ontvangs gekoop word.

Terwyl Tamarind Lodge in Kariba ideaal vir ‘n gesinsvakansie is, is dit ook perfek vir groter groepe, byvoorbeeld skool- of kerkgroepe, werkswinkels, sokkerspanne ensovoorts. Tot 70 gaste kan gehuisves word.

Tamarind Lodge in Kariba, Zimbabwe, gaan binnekort ‘n swembad bou, wat langs die rivier wat deur die terrein van Tamarind Lodge sal loop. Daar is ‘n aantal zebra-troppe in die omgewing van die lodge in Zimbabwe, en hulle drentel dikwels in die gronde van die lodge in om van die sagte, sappige gras te proe. Alhoewel hulle nie mak is nie, is hulle baie rustig en jy kan nogal naby aan hulle beweeg. Daar was al gevalle waar een of twee olifante hulselfs aan besoekers verwonder het, maar hulle word uit die terrein gehou met behulp van ‘n stewige heining.
Tamarind Lodges Self-catering accommodation
Room at Tamarind Lodges
Tamarind lodges Kariba Tamarind Lodges