type="text/css">

????????????,?????????????

Temba Logo

(041) 583 4004


S18 22 06 E032 38 48

Pine Tree Inn

'n Hotel in Nyanga in die Oostelike Hooglande van Zimbabwe

 

TUISBLAD ZIMBABWE AKKOMMODASIE ANDER NYANGA HOTELLE ENGLISH STUUR EPOS
Pine Tree Lodge
 

Pine Tree Inn in die Nyanga-berge van Zimbabwe, is in ‘n pragtige tuin geleë wat oor ‘n boomryke vallei en die majestueuse berge van die Oostelike Hooglande uitkyk.

Pine Tree Inn is ‘n paar kilometer vanaf die pad tussen Harare en Mutare in die Juliasdale-Nyanga-gebied.

Pine Tree Inn bied warm, vriendelike diens en verblyf, met voortreflike cuisine wat selfs die gesondste aptyt sal bevredig. Gaste gaan tuis in 13 kamers en een gesinsuite, wat almal in kothuisstyl ingerig is.

Alle akkommodasie is en suite en kyk op die berge van Nyanga uit.

Die ontvangsarea, eetkamer, albei sitkamers, stoep, terras en dameskroeg het ‘n gesellige, warm atmosfeer wat gaste sommer dadelik laat tuisvoel by Pine Tree Inn. Die cuisine wat hier voorgesit word is bekend regdeur Zimbabwe. Elke aand word gaste met ‘n voortreflike vyfgang-aandete bederf.

Pine Tree Inn in Nyanga bied ook intieme troues, klein konferensies en seminare vir tot 18 mense aan. Die konferensielokaal is toegerus met die nodige vir konferensies, insluitend VCR, televisie, oorhoofse projektor en blaaibord.

Geniet die pragtige natuur van die Nyanga-berge van die Oostelike Hooglande van Zimbabwe, terwyl jy voetslaan in die berge, perdry of forelhengel, na wild en voëls kyk, gholf speel (by die Montclair Casino Hotel en Claremont-bane) of “white water rafting” aandurf.

Die talle ruïnes en terreine van argeologiese belang in die gebied om Pine Tree Inn sal die nuuskierige gaste vir ure lank besig hou. Besoek ook die Pungwe- en Mtarazi-valle, wat albei naby Pine Tree Inn in Nyanga, Zimbabwe, is.

Pine Tree Lodge
Pine Tree Inn Nyanga
Pine Tree Inn eastern Highlands
Pine Tree Inn reception
Bedroom Pine Tree Inn Fire place Pine Tree Inn
Pine tree Lodge Dinning at Pine Tree Inn
Bathroom pine Tree Inn Pine Tree Inn