????????????,?????????????

Temba Logo
Matopo Hills National Park Zimbabwe
Maleme Dam Matopo Hills

ZIMBABWE HOTELLE
STUUR EPOS
TUISBLAD

MATOBO HILLS NASIONALE PARK ZIMBABWE

Kliek eenvoudig op die foto om nog inligting oor spesifieke verblyf in die Matopo-Heuwels te kry, of om te bespreek.
 
Matopo Hills Lodge

by verre die mees luukse keuse in Matopo Hills..

Granite Ridge Matopo Hills
bekostigbaar en baie aangename selfsorg-verblyf waar jy ook alle etes in die restaurant kan geniet. Voorheen The Farmhouse
Maleme Rest Camp

Maleme Ruskamp selfsorg-verblyf wat deur die Matopo Nasionale Park bestuur word

LODGES EN SELFSORG-VERBLYF IN MATOPO-HEUWELS

Die Matobo-Heuwels, wat deel van die Matobo Nasionale Park uitmaak, moet een van Zimbabwe se heel spesiale bestemming wees. Dis eenvoudig pragtig, maar het ook ‘n besonder rustige atmosfeer. Die Matobo-Heuwels in Zimbabwe is in 2003 as ‘n Unesco Wêrelderfenisterrein geproklameer, en is ongeveer 35 km suid van Bulawayo geleë.

Die kenmerkende granietkoppies is alreeds 300 miljoen jaar gelede weens die verwering van ‘n blootgestelde granietbatoliet gevorm. Die koepelvormige koppies, (of “dwalas” in geologiese taal) het koning Mzilikazi van die Ndebele-stam aan bleskoppe laat dink. Hy het toe die plek “Matobo” genoem. Die “moeder en kind”-koppie is nogal ‘n studie in balans – alhoewel dit lyk asof die granietrotse enige oomblik kan omkantel, is dit alreeds daar vir baie jare.

Die Matopo-Heuwels in Zimbabwe sluit ook valleie met woude en rotsblokke in en is besonder ryk ten opsigte van biodiversiteit. Meer as 200 boomspesies word hier aangetref, insluitend die wildepeer en papierbas, asook talle wilde kruie, aalwyne en meer as 100 grasspesies. Die grootste konsentrasie van swartarende ter wêreld word hier aangetref. Die Matobo Nasionale Park het 88 soogdier-, 39 slang- 16 vis- en 175 voëlspesies. Luiperde is volop omdat die gebied ‘n groot aantal dassies huisves. Die Park is ‘n Beskermingsgebied vir wit- en swartrenosters, en daar is ook talle zebras, kameelperde, volstruise en wildebeeste.

Die Matopbo-Heuwels is ‘n plek van besonder argeologiese belang, met 3000 rotstekeninge van San-inwoners wat meer as 2000 jaar oud is. Ander artifakte, soos klei-oonde en klipwerktuie dateer uit die Voormiddel-Steentydperk en kan in ‘n aantal grotte in die Matobo Nasionale Park in Zimbabwe gesien kan word wat deur die publiek besigtig kan word.

Die Matopo-Heuwels is van spesiale religieuse belang vir die Shona en Ndebele. Voor die koloniale tydperk begin het, het die Mlimo (‘n spesialis-orakel) hier gewoon. In 1896 het die bekende ontmoeting tussen die Britte en die Ndebele hier in die Matobo-Heuwels plaasgevind, wat die einde van die Tweede Matabele-Oorlog (of Eerste Chimurenga) beteken het.

‘n Hele paar Britse setlaars is hier in die Matobo-Heuwels begrawe, insluitend Leander Starr Jameson, Allan Wilson en die hele Shangaan-patrollie wat gedurende die Eerste Matabele-Oorlog gesneuwel het. Cecil John Rhodes is by die kruin van Malindindzimu (‘heuwel van goeie geeste”) begrawe. Hy het hierdie plek “Venster op die wêreld” genoem. As ‘n mens dink aan die spesiale religieuse betekenis wat die Matobo-Heuwels vir die Shona en Ndebele inhou, is dit vanselfsprekend dat dit steeds ‘n bron van groot meningsverskille in Zimbabwe is.    

In die Matopo-Heuwels bied Matobo Hills Lodge grasdakchalets wat só gebou is dat dit met die granietrotse saamsmelt. Granite Ridge verskaf selfsorg-verblyf in ‘n pragtige, rustige tuin, terwyl die Matobo Hills Rest Camp in die Matobo Nasionale Park geleë is.

Matopo Hills lodge Granite Ridge Lodge Matopos Maleme Rest Camp