小东西敏感成这样楼顶老师,要命的小东西咬的真紧古代版

Temba Logo
lion at hwange
| |  

ZIMBABWE HOTELLE
STUUR EPOS
TUISBLAD

HWANGE NASIONALE PARK

Kliek eenvoudig op die foto om meer inligting oor die onderskeie lodge te kry of om te bespreek.
 
Hwange Safari Lodge

is die luuksste lodge by Hwange Nasionale Park

Sikumi Tree Lodge
unieke en baie aangename safari-lodge by Hwange Safari Lodge
Hwange Main Camp

Hwange Main Camp basiese selfsorg-verblyf in die park

HWANGE NASIONALE PARK - ZIMBABWE

Hwange Nasionale Park, wat voorheen as Wankie bekendgestaan het, is Zimbabwese grootste wildreservaat. Hwange Nasionale Park is in die weste van Zimbabwe, op die pad tussen Bulawayo en die Victoria-watervalle.

Hwange Nasionale Park in Zimbabwe is ongeveer 14 600 km2 groot en is die tuiste van 105 soogdierspesies (insluitend 8 groot karnivore en 19 groot herbivore). Hwange Nasionale Park huisves een van die kontinent se grootste oorlewende troppe Afrika-wildehonde en die aantal hiënas is ook noemenswaardig. Die aantal olifante in Hwange Nasionale Park is nogal groot – groter as wat ‘n habitat soos hierdie, wat onder ‘n droogte deurloop, met gemak kan onderhou. Natuurkundiges is besig om verskeie oplossings te ondersoek.

Die plantegroei is relatief skraps in Hwange Nasionale Park. Dit is ‘n droë gebied, dus kom mensgemaakte drinkgate oral in die Park voor om die diere gedurende droogtetye te help.

Daar is drie permanente kampe in Hwange Nasionale Park in Zimbabwe. Die hoofkamp is in die suide van Hwange Nasionale Park en kan maklik met ‘n teerpad vanaf die roete tussen Bulawayo en die Victoria-watervalle bereik word. Sinamatella-kamp is in die noorde van Hwange Nasionale Park. Jy kan Sinamatella-kamp met behulp van ‘n kort grondpad vanaf die roete tussen Bulawayo en Victoria-watervalle bereik, of om deur Hwange Nasionale Park vanaf die hoofkamp te reis. Dit neem egter etlike ure.

Robins-kamp is in die afgeleë noordelike streek van Hwange Nasionale Park. Lat asseblief daarop dat Robins-kamp dalk nie brandstof of proviand sal hê nie. Behalwe die drie ruskampe, laat Hwange Nasionale Park ook toe dat ‘n mens uitkamp op platforms wat oor die drinkgate uitkyk. Jy moet dit egter vooraf by die Nasionale Parkeraad van Zimbabwe bespreek.

Besoek Hwange Nasionale Park as jy wil sien hoe Afrika se binneland 150 jaar gelede daar uitgesien het.
Hwange Safari Lodge Sikumi Tree Lodge Hwange Safari Lodge