小东西敏感成这样楼顶老师,要命的小东西咬的真紧古代版


MONTEIRO

Baie gerieflike selfsorg-verblyf net 10 km suid van Windhoek in Namibië.

STUUR EPOS
TUISBLAD 
ENGLISH
TEL +27 (0) 21 855 0395

Monteiro kampeerplek en selfsorg-akkommodasie bied die beste van twee wêrelde aan Windhoek se besoekers.

Dit is 10 km suid van Windhoek die hoofstad van Namibie op die B1-teerpad geleë, minder as 15 minute se bestuur vanaf die verkeersirkel na Rehoboth. Dit is op ‘n pragtige plek, omring deur die natuur met ‘n pragtige uitsig oor die nabygeleë Auas-berge.

Monteiro Lodge is in 2005 geopen, en bied ‘n keuse van akkommodasie vir individue en families naby Windhoek die hoofstad van Namibië.

Die Lodge het 6 kampeerplekke en 2 gastechalets. Elke kampeerplek het elektriese ligte, lopende water, kragpunte en braaigeriewe. Hout kan ook gekoop word.

Al die kampeerplekke is op pragtige, goed geonderhoude grasperke geleë. Die 2 gastechalets is toegerus met enkelbeddens en twee slaapbanke. Die chalets het volle, ruim en suite geriewe, met ‘n bad/stort in een kamer en slegs ‘n stort in die tweede kamer.

Daar is ook ‘n gemeenskaplike kombuis en higiëniese ablusiegeriewe, ‘n yskas en al die toerusting nodig vir selfsorg-verblyf. TV en private braaigeriewe word ook verskaf, asook ‘n swembadgerief wat almal kan geniet.

Ander dienste wat op aanvraag voorsien word is wasgoed, en die voorsiening van piekniekpakkies. ‘n Goed-voorbereide Monteiro ontbyt of ander maaltyd (vooraf bestel) kan geniet word.