小东西敏感成这样楼顶老师,要命的小东西咬的真紧古代版


Rundu, Namibië

Hotel en Lodges in en naby Rundu in die noorde van Namibië

LODGES VAN OUTJO IN NAMIBIë

Kliek op die foto om nog inligting oor die spesifieke lodge of kampeerplek te kry en om ‘n bespreking te maak.


Kaisosi River Lodge en kampering sewe km oos van Rundu


Hakusembe River Lodge wes van Rundu in Namibië


Rundu: toegang tot die Caprivi in Namibië

Rundu is die hoofstad van Namibië se noordoostelike streek, die Kavango, en dit lê teenaan die Kavango-rivier. Dit is ook die grens tussen Namibië en Angola, en omdat Angola eers ‘n Portugese kolonie was, het Rundu ‘n effens Portugese atmosfeer.

Die streek het pragtige natuurtonele, skouspelagtige sonsondergange, vriendelike inwoners, gerieflike akkommodasie en heerlike kos – wat meer kan enige reisiger begeer? Die dorp is die ideale plek om brandstof aan te vul of te oornag wanneer jy oppad is van of na die Etosha Nasionale Park, Mudumu Nasionale Park, die Okavango Delta, Chobe Nasionale Park en die Bwabwata Nasionale Park. Temba Toere beveel die Kaisosi River Lodge, Omashare Hotel en die Hakusembe River Lodge aan.

Rundu is een van Namibië se mooiste plekke en is ‘n unieke plek om te besoek. Skouspelagtige sonsondergange, vriendelike inwoners, gerieflike akkommodasie en heerlike kos sorg daarvoor dat die Kaisosi River Lodge ‘n plek is wat alle reisigers moet besoek. 

Langs die rivier is daar heerlike plekke om te hengel en om voëls te bekyk. Begeleide hengeltogte en bootritte op die Kavango-rivier kan gereël word