小东西敏感成这样楼顶老师,要命的小东西咬的真紧古代版


HENTIESBAAI

EN

SKEDELKUS

Kliek eenvoudig op die foto om meer inligting oor die spesifieke lodge te kry of om ‘n bespreking te maak.


DE DUINE COUNTRY HOTEL op die strand in Hentiesbaai.


EAGLE HOLIDAY CHALETS - Bekostigbare en ten volle toegeruste chalets.


BYSEEWAH GASTEHUIS enige visserman se droom in Hentiesbaai.


 'n Unieke lodge noord van Hentiesbaai langs die skedelkus in Namibië

Hentiesbaai en die Skedelkus

Hentiesbaai is in die Nasionale Weskus Ontspanningsgebied geleë en kan met behulp van die soutpad via Swakopmund, of die grondpad via die Spitzkoppe bereik word. Dit is ‘n gewilde hengeloord en ‘n uitstekende basis vanwaar die Namibwoestyn verken kan word.

Hentiesbaai lê op die rand van die duine en kyk uit op ‘n ongerepte strand wat vir kilometers na noord en suid strek. Die duine en delikate mosvlaktes bied asemrowende materiaal vir fotograwe en natuurliefhebbers.

Die Skedelkus strek van Kaapkruis (“Cape Cross”) noordwaarts na die Kunene-rivier en die grens met Angola. Die aangrypende naam van die streek is te danke aan die vele geraamtes van skepe, walvisse en mense wat met die kus langs aangetref word.

Besoeke aan Kaapkruis, waar ‘n reuse kolonie Kaapse Pelsrobbe broei, is dikwels ‘n hoogtepunt vir besoekers. Die hele kuslyn is bekend vir uitstekende hengelgeleenthede.