小东西敏感成这样楼顶老师,要命的小东西咬的真紧古代版


Goba Lodge en Ruskamp

Jou tuiste in Gobabis

ANDER NAMIBIë LODGES
TUISBLAD
ENGLISH 
TEL: +27 (0) 21 855 0395

Die Goba Lodge in Namibië bied ‘n wye keuse van akkommodasie vir reisigers en toeriste aan: van ‘n luukse lodge tot selfsorg-verblyf en kampeergeriewe. Alhoewel die eienaars, De Waal en Louise Louw, volhou dat hulle verblyf “sonder tierlantyntjies” verskaf, is daar beslis glad nie ‘n tekort aan gerief nie.
            
Die Goba Lodge in Namibië is op die oewer van die Swart-Nossobrivier geleë naby Gobabis in die Omaheke-streek. Die Lodge is 170 km oos van die Hosea Kutako Internasionale Lughawe, en is op die roete na Botswana en die Okavango Delta.

Die Lodge het 7 luukse en suite kamers en 2 chalets vir gesinne. Almal het lugversorging en is toegerus met telefoon, satelliet-TV en tee-/koffie-stasies. 
Vir die reisiger wat selfsorg-akkommodasie verkies, bied die Goba Lodge in Namibië 6 eenhede aan, wat almal op ‘n kuiergebied uitloop. Daar is tafels, ‘n sitkamer, toegeruste kombuis, braaigeriewe en satelliet-TV. Die eenhede deel skoon ablusiegeriewe. Indien jy graag wil tent opslaan onder die Namibiese sterrehemel, verskaf die Goba Lodge 2 kampeerplekke met skaduwee en elektriese punte.

Die Goba Lodge in Namibië is bekend vir die heerlike geregte wat by die River Restaurant met hul a la carte middag- en aandetespyskaarte voorgesit word. Die Herero-klipkapel is ‘n uiters romantiese en ongewone plek vir daardie spesiale troue in Namibië. Die Goba Lodge maak ook vir besigheidsfunksies voorsiening, en het geriewe vir werkswinkels met voortreflike spyseniering.

Die tuin en omgewing om die Goba Lodge is ideaal vir voëlkykery en luilekker stappies. Diegene met meer energie kan tennis speel, swem, voetslaan, bergfietsry of draf.